Tuis

WAT IS DONKERBAAI?

Donkerbaai is ‘n gevoel van nostalgie en rustigheid.

Dis die vakansie dorp op die kus waar jy jou Desember spandeer, die plek waar jy vriende maak in die strate, en jou liefde op die strand ontmoet. 

Dis laat aande op die houthuisie se stoep, langs die vuur, met ‘n bier in jou hand.

Dis die vroeë oggende se stilte terwyl die branders oor die wit sand breek, en die laat middae se stap langs die kuslyn.

Dis kuier saam, dis vergeet van jou probleme.

Donkerbaai is nie ‘n regte plek nie, maar jy was al daar.

Die stilte tussen twee mense wat al hoe minder praat, die gevoel dat die ander in ’n taal leef wat jy nie verstaan nie, en die vlamme wat soms kouer raak. Tog, ten spyte van die afstand, loop julle steeds saam – trap julle ál dieper in mekaar se spore en sing saam, al is dit soms die verkeerde lirieke

‘n Stil, maar kragtige refleksie op intimiteit – daardie oorweldigende oomblikke wanneer twee mense so naby aan mekaar beweeg dat die wêreld om hulle begin vervaag.

Die lied fokus nie op groot gebare of dramatiese verklarings van liefde nie, maar op die gevoel van teenwoordigheid.

Om “heel ingesluk” te word – nie as iets vernietigend nie, maar as iets intiem en transformerend. Die lirieke spreek van ’n diep begeerte om werklik te voel, om volkome deel te wees van iemand anders se wêreld, en om beheer in die proses oor te gee.

Produce deur die Groothond, Peach van Pletzen, met ‘n rap feature van Harry CBY, bring “Net Ek en Jy” ‘n gevoel van nostalgie, goeie tye op die strand, en die herinnering om ‘n oomblik te neem en die stilte te waardeer.

Ons is super trots op die een, hy is beskikbaar 11 September 2026.